KOMENDE GEBEURE
Klik op die seksies om uit te vind watter gebeure binnekort plaasvind

“Die teater is pragtig, die fasiliteite is van die beste, maar die belangrikste is die mense wat dit bestuur. Hulle is fantasties en laat ons elke keer tuis voel.”

“Atterbury Teater gee kunstenaars die geleentheid om weer in ‘n professionele, regte teater op te tree. Elke kunstenaar se droom!”

“As ek kon kies sou ek elke aand in Atterbury Teater wil sing. “Professioneel” kan aan alles en almal in en om daai gebou gekoppel word.”

“Die Atterbury Teater vervul ‘n ongelooflike groot behoefte in Pretoria en staan uit as ‘n kwaliteit venue waar van die land se beste vermaak aangebied word. Nog ‘n unieke eienskap is ‘n omgewing met top-klas restaurante vir onthou-kuiers. Daar is geen beter venue om by op te tree of wat die tegniese en estetiese kwaliteite van die Atterbury Teater kan ewenaar nie; ‘n regte tuiste vir kunstenaars. Dit was ‘n voorreg om met die opening daar te kon optree, en ek hoop dat ek ook eendag op ‘n gawe reëndag my laaste show met ‘n zimmer-frame by die Atterbury Teater sal kan doen!”

“Ek beskou die Atterbury as die beste konsertteater tans in die land vanweë sy sentrale ligging, netheid, puik toerusting, effektiewe personeel en fantastiese akoestiek. Daar is boonop hope veilige parkeerplek en verskeie uitstekende restaurante om by te eet. Die atmosfeer van die teater is heerlik en bevorderlik vir enige vorm van kuns.Lank lewe die Atterbury Teater!”

“Atterbury Teater is verseker een van die heel beste toegeruste teaters in Suid Afrika! My gunsteling! Verseker ‘n voorreg om in so ‘n teater op te tree.”

“Wat ‘n voorreg om by ‘n teater soos Atterbury te kan optree. Alles omtrent die teater is top gehalte… Ek sal weer en weer teruggaan.”

“Die Atterbury teater is hemels, omdat dit ’n volwaardige teater is: tegnies goed toegerus, ‘backstage’ area oortref stoutste verwagtinge, uiters knap personeel. In ’n neutedop: by die Atterbury teater voel ek as kunstenaar veilig om na die beste van my vermoë op te tree.”