Die oorsprong van elke nuwe musikale skepping deur die Charl du Plessis Trio kan gevind word in die samevloeiing van lewendige verbeeldings. Uitdagende teksture, opwindende ritmes en luisterryke harmoniese landskappe konvergeer in die trio se onkonvensionele verwerkings van gunstelinge deur Mozart, Verdi en Wagner in hul nuutste produksie getiteld Imagine. Hoog aangeslaan deur die media as “gedissiplineerd in benadering, versigtig in uitvoering en noukeurig in sy vertolking” (The Sunday Independent), ontwikkel die kunstenaarskap van Charl du Plessis, in samewerking met basspeler Werner Spies en tromspeler Peter Auret, in ʼn nimmereindigende verkenning van ongekarteerde terreine op ʼn vindingryke manier. Die trio se vrugbare vennootskap van die afgelope 14 jaar het gelei tot tallose toekennings, omvangryke opnames en voortgesette internasionale konserttoere. Imagine gee erkenning aan die meesters van die wêreld – van klassieke komponiste tot John Lennon – en gehore kan uitsien na ʼn gevarieerde en sorgvuldig saamgestelde program.

Datum: 1 November 2020, 15:00

Kaartjies: R170/R200/ R220

Besprekings: iTickets of 012 942 5951