Dit het begin by die Woordfees in Stellenbosch waar elkeen van die 5 vertonings van DONKIE in ‘n japtrap uitverkoop was en ‘n ekstra vertoning geskeduleer moes word.   Die res is geskiedenis.

Sedert Maart 2019 toer Frank Opperman die land plat met hierdie vertoning.  Tydens AARDKLOP 2019, die laaste van die groot nasionale kunstefeeste in SA, was daar meer as 2000 kaartjies verkoop!

By feitlik elkeen van ons kliente waar Frank vanjaar opgetree het,kry ons dieselfde terugvoer:   UITVERKOOP!! UITERKOOP!!  UITVERKOOP!!! In “Donkie” ontmoet ons mnr. Barry Swart, 58-jarige hoof van die Hoërskool Hans Oosthuizen, ’n voormalige model C-skool.  “Donkie” is die bynaam wat almal vir die skoolhoof gebruik.

Mnr. Swart is ’n man onder druk. Daar was ’n berig in ’n Sondagkoerant oor hoe die eens trotse Hoërskool Hans Oosthuizen besig is om agteruit te gaan. Die leerlinge se akademiese prestasie is nie na wense nie en die eerste rugbyspan het vyf wedstryde agtereenvolgens verloor.

Daar is ook ernstige probleme met die leerders se dissipline en boonop was daar ’n “voorval” in een van die klasse.

Ook lyk dit of Afrikaans dalk een van die dae nie meer die onderrigtaal by die skool sal wees nie. Die Beheerliggaam sowel as sommige ouers en onderwysers eis mnr. Swart se kop.

Mnr. Swart oorweeg om te bedank, maar dan, een Maandagoggend tydens saalopening, besluit hy om sy kant van die saak te stel…..

Maak seker jy kry die geleentheid om die bekroonde en gewilde akteur Frank Opperman in aksie te sien in 2019!

Datum: 30 September 2020, 20:00

Kaartjies: R160

Besprekings: iTickets of 012 942 5951