Concert of Opera

Loading Events

‘N EENMALIKE KONSERT VAN OPERA

Op Sondag 25 Oktober 2020 kan operaliefhebbers ‘n operakonsert bywoon in die Atterburyteater in Pretoria met die Spaanse sopraan Veronica Tello. Saam met haar op die verhoog is die internasionaal bekroonde spinto-tenoor Stéfan Louw, en twee plaaslike sangers – die liriese tenoor Johann du Toit en die liriese bariton Phuti Matuba. Paul Ferreira, een van die voorste opera-begeleiers in Suid-Afrika, sal hulle op die klavier begelei.

Die eerste konsert van opera is in 2014 in die Aula-teater van die Universiteit van Pretoria aangebied en is sedertdien ‘n jaarlikse instelling.

In Mei 2019 is dit weer in die Atterbury-teater opgevoer, met entoesiastiese applous van die volhuis-gehoor. Hierdie konsert wat slegs eenmalig vertoon word, word gereël en befonds deur Francois Visser, ‘n mediese dokter met ‘n passie vir opera. “Suid-Afrika het ‘n wonderlike talentpoel van operasangers,” se Visser. ‘En daar bestaan so min geleenthede vir almal om op te tree. My doel met die jaarlikse konsert is om ‘n platform te skep vir aspirant-sangers om saam met meestersangers met internasionale ervaring te kan optree.

‘Een so ‘n veteraan is die Pretoriase tenoor Stéfan Louw, wat sy debuut in 1998 tot groot lof gema-ak het.

Sy debuutrol, Beppe in Leoncavallo se opera I Pagliacci, het hom die gesogte FNB Vita Opera-toekenning vir die mees belowende nuweling in Opera verwerf. Teen 2005 het die Sunday Times berig dat “sy stem tot ‘n nasionale skat verklaar moet word.”

In 2008 vertolk hy sy eerste dramatiese rol as Radames in die opera Aida van Verdi – wat in Johan-nesburg geopen is, gevolg deur sy Europese debuut in Vichy, Frankryk.

Tydens sy Europese operatoer in 2017 het hy in sewe maande 240 optredes gesing. Louw se 22-jaarlange operaloopbaan het hom sien optree in al die Suid-Afrikaanse metros, Namibië, Mosambiek, die Verenigde State van Amerika en Europa.

Hy het twee operaalbums vervaardig, Reflections en Lyrico, en sy derde album Spinto word binnekort vrygestel.

Verònica Tello Spaanse sopraan deel die verhoog met Stèfan Louw.Sy begin haar musiek saam met David Mason in Madrid.

Sy gaan voort met haar opleiding in Italiè saam met bekende sopraan Mirella Freni in 2011 en 2012.

Sy ontvang ook opleiding van bekendes Montserrat Caballe,Giacomo Aragall , Bonaldo Giaiotti , Carlos Chausson , Roberto Scandiuzzi , Raina Ka inbaska en Fiorenza Cedolins.

Gedurende 2010 doen sy projek op verhoog in rol van Cio-Cio San van Madame Butterfly.

In Junie 2016 sing sy in Gala saam met Katia Ricciarelli by Teatro il Maggiore di Verbania waar sy rol sing van Liu in Turandot.

Sy sing vir Sekretaris van die Verenigde Nasies Ban Ki-moon by die seremonie van honneurs Medalje in Spanje in 2016 by Carlos Universiteit.

Sy maak haar debuut in Dido in 2010 van Dido en Eneas deur purcell by Salmanacas Musiek Uni-versiteit Auditorium.

Van haar ander rolle is Medee in Charpentier, Messiah deur Handel,Giorgetta in Puccini se Il Tabar-ro , Tilda from La Tildas Cileas opera en Micaela van Carmen Bizet.

In Augustus 2017 sing sy in La Traviata die rolle van Anina en Flora by die internasionale klassieke musiekfees by Villanueva de los Infantes.

In Mei 2018 sing sy rol van Liu in Puccini se Turandot by die Fees van Puccini by Torre del Lago teater.

Sy wen verskeie sangkompetisies in Italiè en Spanje.
In September 2015 debuteer sy in rol van Mimi in La Boheme in Gijon Spanje.

Maart en November 2016 was sy op toer in Spanje met Opera en Ballet National.

Haar mees onlangse optredes is is Mimi in La Boheme in May 2019 in Madrid by Palacio de los
Duques de Pastrana en in Desember 2019 Teatro Real Madrid.Tello berei tans voor vit Verdi se req-uiem op 4 Junie 2020.

‘n Gunsteling by die gehore in Pretoria is die plaaslike tenoor Johann du Toit. Hy het sy opera loop-baan in 1998 begin toe hy by die Pretoria Staatsteater Operakoor aangesluit het vir die twee een-bedryf operas Cavalleria Rusticana en I Pagliacci.

In 1999 stel hy sy eerste album Sonder Jou
saam met Nicholas Louw vry. Sy tweede album ‘n Huldeblyk aan Gé Korsten is in 2002 vrygestel.

Saam met du Toit en die ander sangers is die jong bariton Phuti Matuba, wat in 2018 sy operadebuut gemaak het as Marullo in Verdi se opera Rigoletto.

Die sangers word op klavier begelei deur Paul Ferreira, wat een van Suid-Afrika se beste operabe-geleiers is. Ferreira is ‘n vryskutkunstenaar wat ook musiek en klavier aan ‘n privaatskool in Pretoria onderrig, met ‘n uitvoerderlisensiaat in vokale begeleiding van UNISA.

Kunstenaars:

Veronica Tello – Sopraan – Spain

Stefan Louw – Tenor – South Africa

Phuti Matuba – Baritone – Pretoria, South Africa

Johan du Toit – Tenor – Pretoria, South Africa

Paul Ferreira – Pianist – Pretoria, South Africa