Drie Van Die Bestes

Loading Events

Drie van die Bestes

met Kevin Leo, Danie Niehaus en Mathys Roets, Matthys Maree op clavier.

Drie fenomenale stemme wat as solo-kunstenaars elk reeds diep spore getrap het in die Afrikaanse musiekwêreld.

Saam haal hulle treffer-liedjies uit ’n musikale skatkis van twee dekades. Hulle stof oues af en durf nuwes aan en word vir hierdie vertoning begelei deur pianis, Matthys Maree.

Dis ’n viering van drie goeie vriende se twintig jaar saam in die musiekbedryf. ’n Aand van lekker lag en goeie musiek!

Kunstenaars: Kevin Leo, Danie Niehaus en Mathys Roets, Matthys Maree