FCTAMusic presents SPANISH FANTASY performed by CH2

Laai Gebeuree

Friends of the Cape Town Academy of Music (FCTAM) vier 10 jaar van talentontwikkeling. Dit is gestig in 2010 deur die bekroonde kitaar kunstenaar en komponis Dr. Avril Kinsey as ‘n organisasie sonder winsbejag, wat beurse toeken aan begaafde minder-bevoorregte  jong kunstenaars om hulle passie vir musiek voort te sit.Vorige beurshouers sluit in  Siphesihle (Dee) Mayekane, Jackie van der Poel, Hlonelwa Gravel en vele meer. Baie deelnemers tydens die Cape Town International Guitar Festival ook kitare ontvang.

Die passie word ook gedeel en ondersteun deur een van die wêreld se beste kitaar duo’s, CH2. Dr.Avril Kinsey het ‘n nuwe werk gekomponeer nl. Recuerdos de Andalucia en opgedra aan CH2 vir hulle passievolle Spaanse repertoire om by hierdie Gala konsert uitgevoer te word. Dit was geinspireer deur haar kitaar concerto met dieselfede naam om dan as wêreld premiere gehoor te word by die Atterbury Teater op 25 Maart 2020.

Spanish Fantasy sal die gehoor vermaak en op ‘n reis neem wat hulle vasgenael sal hou.

CH2 se nuuste internasionaal bekroonde album STARSTRUCK sal te koop wees en van die nommers asook van die CH2 treffers sal op die verhoog uitgevoer word.

Kunstenaars: Friends of the Cape Town Academy of Music & CH2