Kersstories met Jannie en Corlea

Loading Events

Pragkombinasie in Kersstories 2020 Jannie Moolman en Corlea:

Die Afrikaanse musiekbedryf beskik oor werêldklassangers, iets wat weer eens bewys word deur Jannie Moolman en Corlea. Dit is die vertoning om te sien! Die resultaat is meesterlik!

Hierdie groot verskeidenheid gewyde- asook populêre musiek , met pêrels poësie en stories tussen in , sal Corlea en Jannie die gehoor betower en die vreugde van Kersfees , opnuut laat ervaar.

Corlea en Jannie het in 2011 die heel eerste keer saam opgetree by die KKNK, en het ook sedert 2012 Afrikaans is Groot-gehore op hul voete gehad elke keer wanneer hulle saam sing. Maar eintlik, verklap Corlea, het hulle die heel eerste keer ‘n verhoog gedeel in 1995. “Ek was agt jaar oud en deel van die kinderkoor in die opera La Boheme, en Jannie het een van die groot rolle vertolk.” Jannie, wat al verhoë gedeel het met die legendariese Pavarotti en wêreldklas-soprane soos Marieta Napier en Mimi Coertze, beskou Corlea as die beste in haar genre in Suid-Afrika. “Daar is niemand in hierdie land wat haar stem so goed kan gebruik soos Corlea nie – sy is beslis in ?n klas van haar eie, en beter as baie van die oorsese operasangeresse met wie ek saamgewerk het.”

Hierdie twee enigmatiese stemme byeen, beloof om oud en jonk te bekoor!
Vir kaartjies, klik hier: iTickets.co.za

Go to Top