Kevin Fraser Live – Drop The Pressure 2020

Laai Gebeuree

VERLAAG DIE DRUK!

Een oomblik beplan jy die toekoms. Die volgende oomblik probeer jy net die hede oorleef. Dis ‘n bose wêreld daar buite en die druk kom van alle kante.

 

Hoekom hou niemand van my nuuste foto nie?

Is gluten vrye chips regtig gluten vry?

As ek Bali toe gaan, wat is die kans dat daar ‘n vulkaan uitbarsting sal wees en ek doodgaan?

Sal ek nog ‘n jaar kan regkom sonder om na ‘n iPhone 11 Pro Max op te gradeer?

Moet ek solank Manderyns leer vir die oorname deur China?

Moet ek  dalk aftree en gelukkig  gaan bly in Kroatia ?

Sal ek vir Oprah ‘n drukkie kan gee?

 

Daar is baie onbeantwoorde vrae. En Kevin leer nou eers dat Rome nie in ‘n dag gebou is nie.

Aanvanklik geken as die ou wat die draak steek met sy indrukke van die daaglikse gestoei om oorlewing, rits hy nou oor die wêreld om komedie na al die uithoeke te neem.

Sy fans kan ‘n warrelwind van insidente verwag as hy sy frustrasies oor die eenvoudigste probleme van die daaglikse lewe uitpak, om uiteindelik tot die gevolgtrekking te kom…. Verlaag net die druk!

Kunstenaars: Kevin Fraser