‘n AAND van AANBIDDING saam met RETIEF BURGER – Uitverkoop

Laai Gebeuree

Retief Burger se passie vir die Here en aanbidding het al diep spore in ons land getrap. Hierdie unieke aand van aanbidding saam met ‘n vol ‘band’ beloof om jou dieper in die troonkamer van God in te lei. Met vyf splinternuwe lof en aanbiddings liedere in Afrikaans en ‘n paar ou bekendes, sal jy nie onveranderd die teater verlaat nie. Kom deel in hierdie lewendige opname en laat jou stem saam met honderde ander aanbidders verrys in lof wat ‘n Koning waardig is.