Nataniël & Charl: TWINTIG!

Loading Events
This event has passed.

In Februarie 2000 het Charl du Plessis vir die eerste keer saam met Nataniël op die verhoog gestap. Twintig jaar later het hierdie twee kunstenaars meer konserte, verhoogproduksies, opnames, toere, opdraandes en afdraandes beleef as die span osse voor ’n baie swaar wa.

Op 16 November bied die Atterbury Teater ’n eksklusiewe galakonsert aan om twintig jaar se musiek, herinneringe, buie, opdraandes, hoogtepunte en staaltjies te vier. Hierdie vertoning sal die eerste keer wees dat die twee kunstenaars hulle terugkeer tot die verhoog maak na die maande lange Covid-19 inperking. Vir die vertoning kies Charl sy gunsteling Nataniël storie van alle tye en musiek uit hulle repertorium van etlike honderde liedere. (Nataniël het bitter min sê oor hierdie vertoning).
Aangebied in Engels en Afrikaans.
Geen kinders onder 15.

Go to Top