Nataniël Gesels 2020

Loading Events
This event has passed.

Nataniël se gewilde GESELS wat op 9 Maart hierdie jaar by die Atterbury teater aangebied is en weer op Saterdag 19 September sou plaasvind, kan om voor die hand liggende redes nie meer op dieselfde manier plaasvind nie. ’n Paar honderd kaartjies is reeds verkoop, meer weens COVID-beperkinge het Nataniël besluit om dit op 4 opeenvolgende Saterdae vir die toelaatbare en veilige hoeveelheid gehoorlede per keer aan te bied. GESELS vind nou plaas op 3, 10, 17 en 24 Oktober. Slegs 50 sitplekke per praatjie is beskikbaar. Gehoorlede wat reeds kaartjies vir 19 September gekoop het, het 10 dae om eerste ’n datum te kies en hulle kaartjies te skuif. Diegene wat nie betyds reageer of verkies om nie een van die geleenthede by te woon nie, kan by iTickets hulle terugbetaling ontvang. VEILIGHEID EN PROTOKOL: Sitplekke word twee-twee beskikbaar gestel. Nie meer as twee gehoorlede mag langs mekaar sit nie. Slegs ’n 12,5% van teater word gevul! Niemand sit direk langs mekaar of voor mekaar of agter mekaar nie, maksimum spasie word tussen gevulde sitplekke oopgehou. Maskers is verpligtend. Koors word geneem. Inteken vorm moet voltooi word. Ontsmetmiddel is in die foyer beskikbaar. FOYER: Die foyer is oop vanaf 10:00 (Tyd vir inteken, temperatuur neem ens. Maak seker jy is betyds om in te teken) Al Nataniël se produkte is vanaf 10:00 beskikbaar in die foyer. Vertoning begin stiptelik 11:00 Die kroeg is voor en ná die praatjie oop. NIE NATANIËL OF DIE TEATER maak enige wins uit hierdie geleentheid nie, hier is geen gierigheid, haastigheid of onverskilligheid ter sprake nie. Nataniël glo dat almal – hyself, die teaterpersoneel, tegnici en publiek gereed is vir hierdie terugkeer na die verhoog, hóé klein ookal. Vertellings, wyshede, waarheid, vrae, troos, skok en humor, al die elemente van Maartmaand se uitverkoopte GESELS is terug, nou met nog meer geesdrif en vreugde! Kaalkop Shop in the foyer! No children under 15. Artist: Nataniël 

Go to Top