NATANIËL GESELS 2021 – LIVE

Loading Events
Verbeel jou jy is bloedjonk, iemand wat jy goed ken en jou laat glo dat hy of sy al van die vroegste tye op die aarde woon, lei jou ’n magiese woud binne, daar sien jy iets ongelooflik. Is so iets vandag steeds moontlik?

Nataniël hervat sy gewilde GESELS-reeks met ’n splinternuwe aanbieding vir 2021. Hy bekyk onder andere die Vyf V’s: Verbasing, Vrees, Verlies, Vergifnis en Vermoë.

GESELS 2021 word op Saterdag 20 Maart by die Atterbury Teater om 11:00 & 15:00 aangebied. Kom lawe jou siel, lag saam, vra vrae en beloer die huidige choas vanuit ’n heel nuwe hoek.

Beperkte sitplekke beskikbaar.

20 Maart | 11:00 / 15:00 | R290
*Alle veiligheidsprotokol word gevolg
*Maskers verpligtend
*Boeke, olies, gebak, keramiek en ander Nataniël produkte te koop
*Geen kinders onder 15

Kaartjies

Go to Top