OPTOG! Radio Kalahari Orkes

Laai Gebeuree
Hierdie gebeurtenis is al verby

Met Ian Roberts, Dan Roberts, Rian Malan en orkes.

Die Radio Kalahari Orkes se musiek kom uit ‘n diep gewortelde plek en gaan maak draaie by die Ghoema-, Latyns- en Africana-musiekstyle. As jy mooi luister, sal jy elke rusplek langs die grondpad aan sy optel-klanke herken!

Ons bring hulle na jou toe. Grondpadlangs. Met ‘n wa-vrag vol ou akoestiese, stofbestande instrumente: kitare, ‘n dobro, mondfluitjies, kontra-bas, trekklavier, gazoos en ‘n legendariese ou Fender Telecaster. Uniek en outentiek.

Die orkes is in 2017 vereer met ‘n FAK Prestige-toekenning vir die uitstekende bevordering van Suid-Afrikaanse volksmusiek.