Roan Ash

Loading Events
This event has passed.

Roan Ash is ‘n veelsydige musikant en liedjie skrywer van Pretoria, Suid-Afrika met ‘n moderne “Country-Blues” aanslag.

In February 2015 het Roan sy eerste album onafhanklik vrygestel, The Traveller. 2016 het hy saam met Dawie de Jager en Bouwer Bosch geskryf aan die tema-lied vir Sy Klink soos Lente asook die tema-lied vir Mense Mense saam met Len Muller. Roan het ook aan die Jo Black album, Skepe, help skryf. In 2016 het Roan by Inhoud Huis Musiek, ‘n boetiek platemaatskappy geteken. Vroeg in 2018 het Roan sy 7-snit album vrygestel – Whiskey to my Soul. Roan is vir ‘n SAMA toekening genomineer in 2019 onder die kategorie Best Adult Contemorary album. Hy het ook die Bokkie toekenning vir 2019 se Nationale kunstenaar van die jaar ontvang. Roan se musiek het oorweldigende terugvoer wêreldwyd ontvang en was genooi om by die CMA-fees in Nashville op te tree in Junie 2019. Roan is ook tans besig om ander internasionale geleenthede aan te pak. Roan het ‘n unieke verhoogs-teenwoordigheid. Sy musiek vertel stories wat die gehoor diep raak. Sy lewensfilisofie is; “Wees iemand wat die reën voel, moet nie net nat word nie.”

Voorshow: Dawie de Jager

Go to Top