Rocco speel Jim Muller

Loading Events

Die pianis Rocco de Villiers en sy orkes van kitaar en konsertina toor met die gewilde keurspele van Jim Muller. Immergroen treffers van Nico Carstens, soos “Die Klokkiewals” en “Zambesi”, “Warm Snare” van wyle Hansie Roodt Snr, Hendrik Susan, Ollie Viljoen en Taffie Kikillus, word afgestof, blink gepoets en kry ’n nuwe huppel in die stap vir die 21ste eeu. Hierdie moenie-mis-konsert is ’n huldeblyk, ’n reis van nostalgie en ’n kykie in die toekoms sonder om die verlede te vergeet. Voeg daarby ’n uitgevatte orkes, Rocco se sin vir humor en die voete begin te jeuk.

Kunstenaars: Rocco de Villiers

Go to Top