In 2019 het Tasché Burger net na haar 19de verjaarsdag die eerste vroulike (asook die jongste) wenner van dié plaaslike realiteitsreeks, The Voice SA 3, geword.

Tasché se afrigter, Francois van Coke, het haar na die kompetisie se afsluiting onder sy vlerk geneem en het as mede-vervaardiger van haar eerste enkelsnit, “Die een”, opgetree. Haar EP is by Van Coke Studios opgeneem waar Francois insette op al die liedjies gelewer het.

Francois het ook vir Tasché ingeroep om saam met hom op “Hey Babe” te sing, wat deel vorm van sy nuutste album, “Dagdrome in suburbia”. In ruil daarvoor het hy Gian Groen se “Vier seisoene kind” saam met haar gesing op haar EP.

Dié twee het ‘n baie spesiale vriendskap en band gevorm tydens die opname van The Voice SA en dit kan jy hoor in die musiek wat hulle saam opneem. Francois noem Tasché al sedert The Voice sy ‘spirit animal’ en Tasché sien Francois as haar inspirasie, ‘n vriend en ook mentor.

Nou, vir die eerste keer, gaan hulle die verhoog deel as mede-kunstenaars. Elkeen gaan hul eie musiek opvoer, maar gaan ook by mekaar op die verhoog aansluit om samewerkings soos ““Vier seisoene kind’’, “Hey Babe”, “Ek skyn (heilig) en “Toe vind ek jou” saam te sing.

Datum: 9 Augustus 2020, 18:00

Kaartjies: R200

Besprekings: iTickets of 012 942 5951