Na vele versoek van die publiek wat nie kon kaartjiies kry in Desember vir die gewilde vertoning “ Nataniël: Lily Refuses to Listen “ nie,  is eksta vertonings gereël vanaf  21 – 25 Januarie 2020.

Terwyl  ons gebombardeer word  met slegte nuus, verdoemende profesieë, bose politiek, korrupsie, luidrugtige bure, eindelose verkeer, aaklige musiek, eindelose advertering en desperate sosiale media, vier Nataniël persoonlike ruimte, persoonlike keuses, selektief luister, selfsorg en veerkragtigheid.

Weg met die nonsense, in met skoonheid! Weg met partytjies, in met ja, in met nee! Weg met die gewone, in met die ekslusiewe!

LILY REFUSES TO LISTEN” bied fantastiese stories in Engels en Afrikaans, liedjies uit die skatkis van tydlose blues, jazz en pop, asook oorspronklike liedjies en asemrowende kostuums.

Nataniël deel die verhoog met Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (kontrabas) en Peter Auret (dromme).

Kostuums deur Floris Louw.

Kaalkop Winkel in die foyer!

90 min.

Geen pouse.

Geen selfone of kortbroeke.

Geen kinders onder 15.

 

23Januarie 2020 om 20:00

Kaartjies: R260/280

Besprekings: iTickets of 012 942 5951