Lize Beekman word deur baie gereken as een van Suid-Afrika se beste Afrikaanse sanger-liedjieskrywers en na ’n loopbaan van 23 jaar word sy geken aan gehalte luistermusiek wat blywend is. Met haar kitaar in haar hande bring sy sielswoorde uit haar hart en pen, en melodieë wat mens bybly.  In hierdie vertoning kan die gehoor ou gunstelinge uit haar pen verwag, ’n paar van haar nuwe liedjies en ook van Lize se persoonlike gunstelinge van ander liedjieskrywers.  Die aand beloof ’n musikale ervaring van eerlike en mooi musiek wat soos altyd vir die gehoor rustigheid bring en na plekke saam neem waar tyd ’n bietjie minder saak maak.

’n Heerlike bonus vir die aand is ’n uitstalling van 10 van Lize se visuele kunswerke in die voorportaal van die teater, want ook op die gebied van die visuele kunste het Lize die afgelope paar jaar haar stempel afgedruk met haar unieke sirkelkuns.

Kunsuitstalling 18:00

Datum: 3 September 2020, 20:00

Kaartjies: R160/R180

Besprekings: iTickets of 012 942 5951