In Februarie 2000 het Charl du Plessis vir die eerste keer saam met Nataniël op die verhoog gestap. Twintig jaar later het hierdie twee kunstenaars meer konserte, verhoogproduksies, opnames, toere, opdraendes en afdraendes beleef as die span osse voor ’n baie swaar wa.

Op 6 Desember bied die Atterburyteater ’n eksklusiewe en eenmalige galakonsert aan om twintig jaar se musiek, herinneringe, buie, opdraendes, hoogtepunte en staaltjies te vier. Vir die vertoning kies Charl sy gunsteling Nataniël storie van alle tye en musiek uit hulle repertorium van etlike honderde liedere. (Nataniël het bitter min sê oor hierdie vertoning).

Aangebied in Engels en Afrikaans.

Geen kinders onder 15.

Datum: 6 Desember 2020, 1500

Kaartjies: R290

Besprekings: iTickets of 012 942 595