QUINOA MET BROCCOLI EN AMANDELS

SLAAISOUS:

Bestanddele:

1/2 kp olyfolie

sap en fyngerasperde skil van 1 suurlemoen

2 eetlpl heuning

1 knoffelhuisie, fyngekap

seesout

grofgemaalde swartpeper

1 rooi ui, in baie dun skyfies gesny

Metode:

Klits eerste 4 bestanddele saam

Geur met sout en peper

Roer ui by, bedek en laat staan eenkant vir te minste 2 ure

 

QUINOA:

Bestanddele:

1 kp quinoa

2 kp water

1/3 kp amandelvlokkies, liggies gerooster

300g broccoli, in blokkies gesny en gestoom tot gaar, maar ferm

1/2 kp vars pietersielie, grofgekap

Heel Parmesaankaas

Metode:

Spoel quinoa deeglik met water

Plaas in kastrol met 2 kp water

Laat kook sonder deksel tot water geabsorbeer is

Verwyder van hitte, bedek en laat staan om te stoom vir 5 minute

Plaas in groot mengbak met broccoli, amandels en pietersielie

Gooi slaaisous met uie by

Meng versigtig en skep op opdienbord

Gebruik groenteskiller en maak Parmesaanrepe bo-oor slaai

Bedien teen kamertemperatuur, nie koud nie!

GARNAALSLAAI IN FILO

Bestanddele:

12 tot 16 velle gevriesde filodeeg, ontdooi

3 eetlpl gesmelte botter

500g klein gebraaide garnale (sterte verwyder)

1 selderystok, gekap

4 klein ingelegde agurkies, gekap

6 vars kruisementblare, fyngekap

3 eetlpl Italiaanse pietersielie, gekap

seesout

grofgemaalde swartpeper

gerasperde skil van 1/2 suurlemoen

2 eetlpl goeie mayonnaise

vars takkies dille of vinkel vir versiering

Metode:

Verf een vel filo met botter

Plaas ’n vel bo-op en verf

Herhaal met ’n derde vel

Sny in 2 vierkante

Voer vier ramekins met filo-vierkante

Bak in oond teen 180˚C (waaier) tot goudbruin, hou heeltyd dop!

Laat afkoel en verwyder

Plaas filobakkies in lugdigte houer

Herhaal tot 6 of 8 bakkies voltooi is

Meng garnale (heel) met seldery, agurkies, kruisement en pietersielie

Geur liggies met sout en peper

Meng skil en mayonnaise saam

Roer versigtig by garnale

Skep in filobakkies en versier met takkies dille

LEMMETJIE-KOEKIES MET MASCARPONE

18 KOEKIES:

Bestanddele:

2 eetlpl lemmetjiesap

1/3 kp melk

1/2 kp sagte botter

3/4 kp suiker

1 eier, geklits

1 tlpl vanielje-ekstrak

2 tlpl lemmetjieskil, fyngerasper

1 3/4 kp bruismeel

Metode:

Meng lemmetjiesap en melk, laat staan vir 5 minute

Verroom botter en suiker in mengbak

Klits eier en vanielje by

Klits melkmengsel en skil by

Vou meel by

Voer oondplaat met bakpapier

Skep lepelsvol beslag op bakpapier

Bak in oond teen 170˚C (waaier) vir 8 minute

Laat afkoel vir 5 minute voordat koekies op draadrak geplaas word

BOLAAG:

Bestanddele:

250g vars mascarpone

1 opgehoopte eetlpl lemon curd

54 bloubessies

2 eetlpl lemmetjieskil, fyngerasper

Metode:

Meng mascarpone en lemon curd saam

Skep teelepelvol op elke koekie

Sprinkel ’n klein bietjie skil oor

Plaas drie bessies bo-op

HOENDERBORSIES MET PARMESAAN

vir 8 porsies:

Bestanddele:

8 hoenderborsies sonder vel

2 eierwitte

seesout

HOENDERBORSIES MET PARMESAAN vervolg

grofgemaalde swartpeper

knippie neutmuskaat

120g fyngerasperde Parmesaan (Vooraf gerasper: 2 gekoopte houertjies)

Metode:

Sorg dat hoenderborsies teen kamertemperatuur is

Voer oondplaat met foelie, blink kant na bo

Klits eierwitte in plat bakkie vir ’n paar tellings met vurk

Geur met genoeg sout en peper en knippie neutmuskaat

Gooi Parmesaan op ’n bord

Doop borsies in eierwit en rol dan in Parmesaan

Plaas op oondplaat

Plaas onder baie warm oond-element vir 7 minute aan elke kant

Bedien onmiddellik met Groengoed.

GROENGOED MET BOKMELKKAAS

(Ek maak meestal die groente gaar in ’n pan, maar dit kan ook gestoom word)

Bestanddele:

2 eetlpl druiwepitolie

300g zucchini, in sirkels gesny

300g broadbeans (breëbone) in peule

500g ertjies of petit pois

seesout

grofgemaalde swartpeper

160g bokmelkkaas in skil

2 eetlpl heuning

Metode:

Verhit druiwepitolie in groot pan

Plaas zucchini in pan en laat prut tot gaar maar ferm

Gooi broadbeans en ertjies by, roer versigtig tot verhit

Geur mildelik met sout en peper

Skep op groot opdienbord

Breek bokmelkkaas bo-oor

Drup heuning oor